AANGESIEN erkenning vir die inherente waardigheid en die gelyke en onvervreembare reg van alle lede van die menslike ras die basis vir vryheid, geregtigheid en vrede in die wereld is;
AANGESIEN minagting vir menseregte barbaarse dade wat die gewete van die mens aangetas het en die aanvang van 'n wereld waarin mense vryheid van spraak, geloof, vrees en behoefte het, gesien word as die hoogste aspirasie van die gemiddelde mens;
AANGESIEN dit noodsaaklik is dat menseregte deur die wet beskerm word ten einde te voorkom dat mense nie gedwing gaan word om in opstand teen tirannie en onderdrukking te kom nie;
AANGESIEN dit noodsaaklik is om die ontwikkeling van vriendelike bande tussen nasies aan te moedig;
AANGESIEN die volke wat lid van die Verenigde Volke Organisasie is, hul geloof in fundamentele menseregte in die Handves beklemtoon, in die waardigheid en waarde van die menslike persoon, in die gelyke regte van mans en vrouens en dit ten doel het om sosiale vooruitgang en 'n beter lewenspeil in groter vryheid te bevorder;
AANGESIEN Lidstate hulle voorgeneem het om in samewerking met die Verenigde Volke universele respek en agting vir menseregte en fundamentele vryheid te verwesenlik; en
AANGESIEN 'n algemene begrip van hierdie regte en vryhede van groot belang vir die bereiking van hierdie voorneme is,
Verklaar die ALGEMENE VERGADERING
Hierdie Universele Verklaring van Menseregte as 'n algemene standaard vir die verwesenliking deur alle mense en nasies, om te verseker dat elke individu en elke
deel van die gemeenskap hierdie Verklaring in ag sal neem en deur opvoeding, respek vir hierdie regte en vryhede te bevorder, op nasionale en internasionale vlak, daarna sal strewe om die universele en effektiewe erkenning en agting van hierdie regte te verseker, nie net vir die mense van die Lidstate nie, maar ook vir die mense in die gebiede onder hul jurisdiksie.
Alle menslike wesens word vry, met gelyke waardigheid en regte, gebore. Hulle het rede en gewete en behoort in die gees van broederskap teenoor mekaar op te tree.
Elke persoon het die reg tot al die regte en vryhede soos in die Verklaring vervat is, sonder uitsondering van enige aard soos op grond van ras, geslag, kleur, taal, godsdiens, geboorte of enige ander status.
Daarbenewens sal geen onderskeid op grond van politieke, geregtelike of internasionale status van die land of gebied waartoe 'n persoon behoort gemaak word nie, hetsy dit 'n onafhanklike trust, nie-selfregerend of onder enige ander beperking van soewereiniteit is.
Elkeen het die reg tot lewe, vryheid en sekuriteit van persoon.
Niemand sal in slawerny of knegskap gehou word nie; alle vorms van slawerny en handel in slawe sal verbied word.
Niemand sal gemartel word of aan wrede, onmenslike of vernederende behandeling of straf blootgestel word nie.
Elkeen het oral die reg tot erkenning as 'n persoon voor die reg.
Almal is gelyk voor die reg en het die reg tot gelyke beskerming van die wet. Almal het die reg tot gelyke beskerming teen enige diskriminasie ter skending van hierdie Verklaring en teen enige aanmoediging tot sulke diskriminasie.
Elkeen het die reg tot effektiewe kompensasie deur bevoegde nasionale tribunale vir dade wat hul fundamentele reg skaad wat deur die wet of grondwet aan hulle gegee is.
Niemand sal aan arbitrêre arrestasie, aanhouding of bannelingskap onderworpe wees nie.
Elkeen het, in volle gelykheid, die reg tot 'n regverdige en openbare verhoor deur 'n onafhanklike en objektiewe tribunaal, in die bepaling van sy regte en verpligtinge en die ondersoek van enige kriminele saak teen hom.
Niemand sal onderworpe wees aan arbitrêre inmenging met sy privaatheid, familie, woning of korrespondensie nie, of aan aanvalle op sy eer en reputasie nie. Elkeen het die reg tot beskerming deur die wet teen sulke inmenging of aanvalle.
Elkeen het die reg tot vryheid van denke, gewete en godsdiens; hierdie reg sluit in die reg om van godsdiens of geloof te verander en die vryheid om, hetsy alleen of in 'n gemeenskap, hierdie godsdiens of geloof te beoefen deur verkondiging, aanbidding of heiliging.
Elkeen het die reg tot vryheid van opinie en uitdrukking; hierdie reg sluit die vryheid in om opinies sonder inmenging te lug en om inligting en idees te vra, te ontvang en te deel deur middel van enige medium ten spyte van grense.
Elkeen, as 'n lid van die gemeenskap, het die reg tot bestaan-sekerheid en kan aanspraak maak op die verwesenliking van die ekonomiese, sosiale en kulturele regte wat noodsaaklik is vir sy waardigheid en die vrye ontwikkeling van sy persoonlikheid, deur middel van nasionale pogings en internasionale samewerking en volgens die organisasie en hulpbronne van elke staat.
Elkeen het die reg tot rus en vrye tyd, insluitend redelike beperkings op werksure en periodieke betaalde verlof.
Elkeen is geregtig op 'n sosiale en internasionale orde waarin die regte en vryhede beskryf in hierdie Verklaring ten volle verwesenlik kan word.
Niks in hierdie Verklaring mag interpreteer word as impliserend dat enige Staat, groep of persoon die reg het om deel te neem aan enige aktiwiteit of enige daad wat gerig is op die beskadiging van enige regte en vryhede hierin beskryf nie.
|